Tannie Lettie Kruger is op 8 Maart 1933 gebore. Tannie Lettie het in 1963 by SA Stamboek begin werk onder die Sekretariaat, toe genoem Stoetvee dienste, waar hul die Registrasie en Admin van al die Kleiner Genootskappe, oa die Percheron, wat nie ‘n eie bestuurder kon bekostig nie, handteer het.
1990 het Oom Badie( Frans Badenhorst_ haar genader om die administratiewe werk oor te neem van die Percheron en die res is geskiedenis. Tannie Lettie was vir 20 jaar indiens van die Percheron Genootskap vanaf 1990 to 2010. Daarom die Spesiale Erelidmaatskap toekenning.
Tannie Lettie was betrokke met die invoer van semen na Elsenburg van die hings, Jongleur in 1987 en weer in 2004 van die Franse hings, Isidore. Sy was ook deel van die eerte hings wat na 41 jaar Suid-Afrika ingebring is, Sympa de Bellevue.
Haar loopbaan verder in die Stoetbedryf waar sy as Sekretaresse van verskeie Telersgenootskappe werksaam was en ook op ‘n Kontrakbasis steeds by SA Stamboek was vanaf 1963 tot met haar aftrede in 2017.
Toekennings vanaf ander Genootskappe sluit in,
Haar Atletiek loopbaan, ja, u lees reg is net so ‘n unieke stuk geskiedenis.
Op 57jarige ouderdom sluit sy aan by die Meester atletiek en was een van die eerste Meestersatlete wat in 1990 Nasionale kleure(Springbok kleure gekry het vir uitsonderlike prestasies op die wêreldranglys (55-59 jarige hoogspring en verspring) .
Op 80-jarige ouderdom het sy die Voorrblad van die Volksblad gehaal onder “Meestersatleed verpletter record”.
Gewigstoot vir vroue 80-84 met 22cm verbeter, die vorige rekord is in 2004 opgestel.
Sy is voorwaar ‘n dame wat met passie deur die lewe gaan en werklik haar gewig ingegooi het in sake wat haar na aan die hart gelê het.
Baie dankie Tannie Lettie wat jy vir die Percheron Genootskap gedoen het.