Graag wil die Percheron Telersgenootskap diegene vereer wat die ras veredel en selfs in moeilike tye in stand gehou het. Veral ook aan die grootmoedige en versiende daad van ‘n groepie manne wat op herfsdag in 1939 byeengekom het om ‘n rasgenootskap in die lewe te roep sodat dit enkele maande later by SA Stamboek geaffilieer kon word.
Die rol wat hierdie organisasie deur vooruitstrewende tot die moeilikste tye denkbaar kon vervul ter wille van die voortbestaan van die ras in ons land, was en is aansienlik. Aan almal wat oor ‘n driekwarteeu daarby betrokke was wil ons op hierdie wyse ons grootste dank uitspreek.